Our Pinotage Legend

Duimpie Bayly:  Executive member (12/10/1939 – 11/08/2021)

Ons Pinotage Legend – Duimpie (FC) Bayly : (12/10/1939 – 11/08/2021)

Duimpie was vir ons ‘n broer, vriend en uiters gewilde en geliefde kollega.

Hy was van die stigting van die Pinotage Assosiasie in November 1995, tot sy dood, ‘n aktiewe lid van die  bestuur. Duimpie se passievolle betrokkenheid het bygedra tot die bevordering en verbetering van die kwaliteit van Pinotage.

Sy passie en liefde het egter nie by Pinotage opgehou nie.  Hy was n bedryfsmens en die Suid-Afikaanse wynbedryf was na aan sy hart.  Hy was Meneer Wyn van Suid-Afrika.  Hy was nie net lief vir die wynbedryf nie, maar ook vir die mense van dié bedryf.  Hy het met almal, ongeag wie jy was, bemoeienis gemaak.

Sy bemoeienis was nie oppervlakkig van aard nie, maar het waarde tot mense se lewens toegevoeg. Sy passie vir die lewe, sy kennis van wingerd en wyn, sy geesdrif oor die wynbedryf en sy skerp humorsin, sal ons bybly en altyd aan Duimpie herinner.

Maar nou is Duimpie se stoel leeg en sy stem stil.

Duimpie wie gaan nou ons notas so deeglik lees en ons spelfoute korrigeer?

Wie gaan nou die rol van Jan van Riebeeck in ons Pinotage-movie vertolk  en wie gaan nou vir my oogknip as ek moet loop? Ons bestuursvergaderings gaan sonder jou beslis nie meer so opwindend wees nie.

Duimpie ons gaan jou mis.

Tot weersiens ons/my vriend!

Beyers en die Pinotage Bestuur