Our heartfelt condolences to Sue and the family, you are always in our thoughts and prayers.

Duimpie’s contribution to all aspects of the South African wine was immense, he was and always will be truly one of the icons of the South African wine industry.

He was a founding member of the Pinotage Association, and has been a part of the wine industry for more than half a century. Among other things, he was a director of Distell, President of the Cape of Good Hope-Agriculture Association (Agri-Expo), former chairman of the South African National Wine Show Association, Wine person of the year in 1999, and played a key role in the establishing of the Institute for Grape and Wine Sciences. He was also the independent chairman of the Cape Vintner Classification (CVC).

His knowledge and insights will long live in the contribution we make to the growth of Pinotage both in South Africa and other parts of the world.

 

‘n Glas Pinotage op Duimpie

Toe ek in 1981 van die veld stap na my eerste game vir Van der Stel, toe kom daar twee manne na my toe en sê welkom in die wynbedryf en op Stellenbosch. Dié twee was Duimpie Bayly en Ronnie Melck. Dit was 40 jaar terug! Vir 26 jaar was Duimpie en ek saam op die Pinotage Assosiasie se bestuur. Vergaderings sal nooit weer so opwindend wees nie! Sy passie vir die lewe, kennis van wingerd en wyn, sy lekker grappe, sy geesdrif en liefde vir Pinotage en die Wynbedryf gaan ons mis, maar hy sal altyd ‘n herinnering en voorbeeld vir ons almal bly! Hy moes nog Jan van Riebeeck in ons Pinotage-movie speel en vir my knipoog as ek moet loop uit die vergaderings. Maar wat ‘n mens en wat ‘n verlies vir die Wynbedryf! Duimpie was werklik MENEER Wyn Suid-Afrika. Mooi loop “thumps” ons sien jou eersdaags weer! Beyers Truter

Duimpie: My ou Huis Visser-maat. Dis onwerklik, maar in sy eie woorde: The show must go on.  Hy het ooggeknip vir ons en ons sal hom mis, maar nie vergeet nie. Die stories, die wyshede en die karma sal voortleef. Ek gaan die vergaderings mis en al die kuiers, die chauffeurdiens was altyd ‘n plesier! Hoe gaan ons ooit weer êrens ry sonder dat daar in flight entertainment en verversings gereël word?  Die ritselinge, ryp tamaties en “I S A”  se goed sal nou stil wees. Dankie vir die voorreg wat ek gehad het om jou te ken – jy het ons almal beter mense gemaak. DeWet Viljoen

Die blywendste herinnering van hom is hoe opbouend hy altyd gepraat het. Daardie ondeunde trek op sy gesig wanneer jy weet hier’s ‘n grappie aan die kom en sy belangstelling in die jong mense wat in die wynbedryf begin. Wel, dít en die bottels bubbly wat hy altyd op road trips in die cooler bag gehad het! Etienne Louw

 Ai Oom Duimpie, dit was te vinnig. Ek sal Oom altyd onthou vir die lekker “verversings” op die pad, dit was of dit altyd reg gestaan het vir n geleentheid. Vir my was dit wonderlik hoe Oom so jong gees was wat almal aangesteek het met n positiewe energie. Oom was n rolmodel oor hoe ek my lewe wil lei. Dankie. Abrie Beeslaar

Dit was ‘n voorreg om meer as 30 jaar saam met jou te kon werk – eers by die SA Nasionale Wynskouvereniging waar hy ook vir 8 jaar voorsitter was asook by die Pinotage Assosiasie.  Hy het ons geleer dat wyn altyd die voordeel moet kry wanneer dit in kompetisies beoordeel word. Wie gaan nou my notules deurlees en spelfoute uitwys  Ek gaan jou stout laggie mis by vergaderings – dit was gewoonlik ‘n aanduiding dat daar weer ‘n grappie oppad was.  Dankie vir al jou vriendskap en mentorskap – ek gaan jou mis my vriend. Ek drink ‘n glas Pinotage op jou.  Rus in vrede. Elsabe Ferreira

Duimpie, DB, there is a void. Your smile, your mischievous character, your jokes and your charisma will be sorely missed. Nothing will be the same, we promise to keep the show going. Belinda Jacobs

 

Cheers Our Mr Pinotage SA (12/10/1939 – 11/08/2021) – Rest in Peace