Eg Suid-Afrikaans: Pinotage by die Woordfees

Less but better! In anticipation of Pinotage harvest 2018
February 8, 2018
Pinotage and Biltong Festival Western Cape 2018
March 6, 2018

Eg Suid-Afrikaans: Pinotage by die Woordfees

Die jaarlikse US Woordfees begin eersdaags waar verskeie unieke Suid-Afrikaanse aspekte gevier gaan word.
Die Woordfees is n viering van eg Suid Afrikaanse kuns,kultuur en produksies en word in die geboorte dorp van Pinotage , Stellenbosch aangebied.
Dit is fantasties op sulke eg Suid Afrikaanse entiteite bymekaar te bring op Stellenbosch , waar Pinotage in 1925 ontstaan het. Die Universiteit Stellenbosch , wat die Woordfees aanbied , en Pinotage het ook n besonderse geskiedenis en loop al jare lank n pad saam.

Hierdie hegte band tussen Pinotage en die Universiteit is ook sigbaar in baie produksies en geleenthede waar Pinotage produkte en produsente betrokke gaan wees.

Somige van die geleenthede waar Pinotage aangebied kan word tydens Woordfees 2018:

2 Maart: Agri-Expo Merino Proe met Bertus Basson en Veritas Wyne – (Diemersdal Pinotage 2016)

5 Maart: Wyn met Woorde- De Warenmarkt (Beyerskloof , Kaapzicht)

6 Maart: Woord- en -Wyn met Martelize Brink – Simonsig
6 Maart : Old Vine Project – Proe – Spek & Bone Restaurant (Meerendal Pinotage 2010)
6 Maart: Wyn met Woorde- De Warenmarkt (Beyerskloof , Kaapzicht)
6 Maart: Wyn met Woorde- De Warenmarkt (Middlevlei)

7 Maart: Woord- en -Wyn met Leon van Nierop – Somerbosch
7 Maart: Wyn met Woorde- De Warenmarkt (Vriesenhof & Kleine Zalze)
7 Maart: “Wanneer was jy op Stellenbosch?” – Neethlingshof

8 Maart: Agri-Expo Merino Proe met Bertus Basson en Veritas Wyne – (Neethlingshof Owl Post Pinotage)
8 Maart : Old Vine Project – Proe : Tokara Restaurant (Bellevue Pinotage 2016)
8 Maart: Woord- en -Wyn met Franz Marx – L’Avenir
8 Maart: Wyn met Woorde- De Warenmarkt (Kanonkop)

9 Maart: Wyn met Woorde- De Warenmarkt (Grangehurst , Somerbosch )

10 Maart: “Dok Craven – Legendariese Stories?” – Neethlingshof
10 Maart: Wyn met Woorde- De Warenmarkt (Simonsig)

11 Maart: Agri-Expo Merino Proe met Bertus Basson – (Wildekrans Pinotage 2015)

Vir verdere inligting oor die Woordfees besoek hul webwerf op www.woordfees.co.za

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

9 − nine =

//]]>